Ek het onlangs na ‘n lied geluister wat gaan oor God se outoriteit en soewereiniteit. Een spesifieke frase het my laat stop en ek het oor dit begin nadink “be enthroned upon the praises of a thousand generations.” In my gedagtes het ek die toneel gesien waar God glimlag en al is Hy magtig, laat Hy ons leef net om Hom te prys. (dit was nie die tema van die lied nie maar my gedagtes het die beeld opgetower) Is ons lyfprysing en aanbidding die kern hoekom Hy op die troon sit? Ek het God hoor vra wat ek dink dit presies beteken om Hom te aanbid. Wat beteken dit om Hom te prys, en hoekom is dit vir Hom so belangrik? Hoekom is dit dat ons erkenning van Sy soewereiniteit en Majesteit sigbaar is en bewys word deur ons aanbidding? Is dit ‘n swak leerstelling as Hy slegs Koning wil wees as ons kies om Hom te aanbid?

 

Soos ek begin dink wat aanbidding vir my beteken, en wat binne in my hart gebeur wanneer ek aanbid, dan moet ek eerlik aan myself erken dat baie kere wanneer ek sing en God geloof het, het ek gehoop om seën en eer te kry omdat ek die moeite doen om Sy nabyheid te soek. Ek het dit ‘n geleentheid gemaak, Ek het probeer om tot voor Hom te kom en van Sy teenwoordigheid te “voel” sodat ek van Sy teenwoordigheid en essensie in my situasie kon inneem. Ons dink dat God ons sal eer omdat ons die tyd aan Hom afstaan. Omdat ons Hom nog steeds van ver af sien, en die nodigheid het om betrokke en ingestel te wees in die situasies in ons lewens, en die ergste situasie hoe meer intens raak ons aanbidding en gebede, want ons het nodig dat God weet ons bedoel besigheid en dat die situasie meer aandag benodig as gewoonlik. Ons is geneig om God op ‘n afstand te aanbid, dan stel ons ons situasie aan Hom voor, en stadig maar seker wys ons ons hart aan Hom vir die vrees van die erns en grootsheid van ons versoek Hom dalk sal wegjaag. Ons voel Onwaardig, en kort die moed om vir Hom te sê hoe ons voel.

Die probleem met hierdie benadering is dat ek steeds myself alleen sien sit, hande gelig, of op my knieë, wanneer aanbidding nie ‘n geleentheid moet wees waarvoor ons slegs op sondae tydmaak nie, dit moet ‘n leefstyl wees. Hoe ons elke dag leef is ‘n bewys met wat in ons harte aangaan. God wil hê ons moet daagliks en gereeld met Hom kommunikeer. Hy wil hê ons moet ywerig en vurig Sy hart vir ons najaag. Ek wil net uitwys dat Hy ‘n goeie God is en dat Sy intensies vir en met jou, rein en mooi is. Ek dink dat ons soms bid en terwyl ons God vertel van alles wat ons pla, ons eintlik met ‘n beskuldigende toon in plaas van ‘n ondersoekende toon praat. God val nie van Sy troon af as jy iets vra nie. Glo my, Hy het dit voorheen al gehoor. Maar dit is noodsaaklik vir ons om Hom te raadpleeg vanuit ‘n ingesteldheid van vertroue en kalmte. As jy vra “HOEKOM” met die intensie om die vraag te gebruik om God se arm te draai sodat jy ‘n ander resultaat te kry, dan is jy besig om te bid om te manupileer, en nie om met God se hart te verbond nie. Om God te vra “hoekom” en Hom te vertel van alles wat jou pla gaan Hom nie manupileer sodat Hy jou jammer kry en die situasie verander net om jou minder swaarkry te spaar nie. “HOEKOM?” vra jy, want die penarie waarin jy jouself bevind was nie God se toedoen om mee te begin nie. As jy dink jy kan Sy arm draai sodat Hy jou ‘n guns sal doen, dan is jou idee van wie Hy is, krom. Die feit dat jy dink Sy arm het ‘n draai nodig, dat Hy oorreding nodig het om jou te help, is bewys van die feit dat jy nie weet dat Sy intensies vir jou net altyd goed is nie.

 

Kom ons gaan kyn na Moses en die Israeliete se storie

 

Dwarsdeur Eksodus wanneer Moses beveel word om met Farao te praat, om vir hom te sê God sê hy moet Sy mense laat gaan sodat hulle Hom kan aanbid.

Eksodus 2:23 “Baie jare het verbygegaan. Daardie koning van Egipte is later dood. Die Israeliete het egter nog steeds gebuk gegaan onder slawewerk. Hulle het om hulp geroep. Hulle gesoebat om bevry te word van harde werk het na God toe opgestyd.”

Eksodus 2:24 “God het gehoor hoe hulle roep. Hy het onthou dat Hy ‘n verbond met Abraham, Isak en Jakob gesluit het.”

Eksodus 2:25 “En gesien wat met die Israeliete gebeur. Hy was bekommerd oor hulle.”

Eksodus 8:1 “Die Here het toe vir Moses gesê: ‘Gaan weer terug na die Farao toe en sê vir hom: ‘Hoor wat die Here sê: Laat my volk trek sodat hulle My kan gaan aanbid.”

Eksodus 9:1 “Gaan weer terug na die Farao toe”, het die Here Moses beveel. ‘Sê vir hom: ‘Dit is wat die Here, die God van die Hebreërs sê: Jy moet my volk laat gaan sodat hulle My kan gaan aanbid.”

Eksodus 10:3 “Moses en Aäron is toe weer na die Farao toe. Hulle het vir hom gesê: ‘Die Here, die God van die Hebreërs, vra vir jou: ‘Hoe lank gaan jy weier om na My te luister? Laat my volk gaan sodat hulle My kan gaan aanbid.”

 

Dit is opvallend want hulle was slawe en in slawerny, en God se idee om hulle te bevry was om Hom te aanbid. God het hulle gekla gehoor, en skep ‘n manier vir hulle om uit slawerny te kom en vry te wees. Die Farao het Moses eers vertel dat die storie wat hy oor die slawe vertel het ‘n leun is, en hy maak hulle werk meer deurdat hulle hulle eie strooi moet soek om stene te maak, terwyl hulle nogsteeds dieselfde hoeveelheid stene moes maak elke dag. God vergeld deur Moses te beveel om die Nyl te tref en in bloed te verander, sodat al die vis doodgaan en hulle geen drinkwater het nie. Die tipe toneel gebeur weer en weer. Moses bly die Farao vra om die mense te laat gaan en Farao bly weier, en elke keer word die populasie gestraf, erger as voorheen.

Ons almal ken die storie; uiteindelik ontsnap die Israeliete en hardloop weg van Farao af, die woestyn in. Nou as jy van ‘n sekere slawerny bevry word, en dan in die woestyn beland, is dit nie die ideale plek waar jy wil wees nie. Jy sal nie die woestyn aanvaar as dat dit beter is as wat jy gehad het nie. Dis presies hoe die Israeliete gevoel het.

Eksodus 16:3 “Die Here kon ons eerder in Egipte laat doodgaan het. Daar was ten minste genoeg om te eet. Nou het julle ons hier na die woestyn toe gebring sodat almal hier van honger kan doodgaan.”

Hulle het aangehou kla oor alles wat hulle nie gehad het nie, en God het getrou Homself aan hulle bewys en oorreed dat Hy by hulle was. ONTHOU, Hy het hulle uit Egipte geneem sodat hulle Hom kon aanbid, maar sover het hulle nog net goed van Hom gevra.

Eksodus 16:6 “Moses en Aäron het vir die Israeliete gesê: ‘Teen vanaand sal julle weet dat dit die Here self is wat julle uit Egipte laat wegtrek het.”

Eksodus 16:7 “Môre-oggend sal julle sien hoe groot die Here is. Hy het gehoor hoe julle oor Hom kla. Dis eintlik teen Hóm wat julle so uitvaar en nie teen ons nie.”

Eksodus 20:5 “Jy mag nie voor hulle kniel om hulle te aanbid nie. Ek, die Here jou God, is jou enigste God. Ek laat die oortredings van dié wat My haat nie ongestraf verbygaan nie. Ek straf die derde en die vierde geslag daarna vir die sondes wat hulle ouers gedoen het.”

Eksodus 20:23 “Onthou, julle mag nie vir julleself afgode van silwer of goud maak nie.”

God het hulle verbied om gode van enige soort te maak om voor te buig, hulle het nie geweet wie hulle is nie, hulle het steeds teug gekyk na die “gemaak” wat hulle in Egipte gehad het, sê dat hulle darem klere ens gehad het, mompelend en klaend, geen vertroue in God se hart en intensies vir hulle nie. God het besef dat as hulle die kans sou kry, hulle ‘n afgod sou maak, hulle behoefte aan liefde en gebrek van identiteit. Deur om goed van waarde te offer net om voor ‘n afgod te buig, ontken hulle Hom as God en aanbid iets tasbaar, want dit is makliker as om blindelings te glo wat God gesê het deur een man.

God vra hulle om Hom te aanbid nadat Hy hulle bevry het van die Egiptenare; meer as een maal bewys Hy Homself, dat dit Hy is wat Moses bevele gee, dat hulle moet oplet na Moses en aandag gee aan die goed wat God hulle beveel om te doen. God wou hulle nie net fisies bevry van slawerny nie, maar ook emosioneel en geestelik.

Dis hoekom HY so vasberade was om hulle te herinner om gehoorsaam en getrou te wees. Dit is wanneer ons Hom aanbid dat ons Sy hart vir ons vind. Dit is in die elke dagse erkenning van die feit dat HY sowerein en God is. Hy het nie nodig dat ons Hom aanbid nie, dit bekragtig Hom nie as Koning nie, behalwe vir dit wat dit aan ons harte doen. As ons toeskryf aan God se glorie en eer, herinner ons siel ons wie Hy is, en in ruil stig dit ons en herstel ons hoop in Hom. So aanbidding is ‘n elkedagse noodsaaklikheid.

Kom ons gaan kyk in die Nuwe Testament

Jesus gaan na die put en loop die Samaritaanse vrou raak, en Hy vra haar om vir Hom water te gee. Sy vertel Hom, jy is ‘n Jood, en ek is ‘n Samaritaan, ons mag niks met mekaar te doen hê nie. Sy benader Jesus met ‘n “ek-weet-als” houding, aan haar oorhandig deur haar leiers, en Jesus se antwoord is ‘n ‘classic’, Ek love dit!!! Hy sê aan haar, jy weet nie wat God jou wil gee nie, en jy weet ook nie wie jy jou tyd mee spandeer nie, want as jy geweet het sou jy my gevra het vir lewe gewende water. Die mense in die woestyn het bly kla oor water, en God het bly voorsien. Nou is Jesus die een wat vra vir water, want Hy dink daaraan dat Hy vir die vrou van die lewe gewende water wil gee sodat sy nooit weer dors sal wees nie, sy sal nooit weer wonder nie, ondervinding, verlange en nood wat nie met materiële dinge vervul kan word nie.

Johannes 4:17-29 “Die vrou het dadelik gereageer: ‘Ek het nie ‘n man nie.’ Jesus beaam dit toe: ‘Jy het reg gesê: ‘Ek het nie ‘n man nie.’ Want jy het reeds vyf mans gehad en die een wat jy nou het, is eintlik nie jou man nie. Dit wat jy gesê het, is die waarheid.’ Die vrou sê vir Hom: ‘Meneer, ek sien dat u ‘n profeet is. Ons voorouers het op hierdie berg aanbid, maar julle sê die plek waar ‘n mens moet aanbid, is in Jerusalem.’ Jesus merk toe op: ‘Glo My, Mevrou, daar kom ‘n tyd wanneer julle die Vader nie op hierdie berg en ook nie in Jerusalem sal aanbid nie. Julle aanbid wat julle nie ken nie, ons aanbid wat ons ken, want die verlossing is uit die geledere van die Jode. Daar kom egter ‘n tyd, en dit het reeds aangebreek, wanneer die egte aanbidders die Vader in Gees en waarheid sal aanbid, want die Vader verkies dat die mense Hom só aanbid. God is Gees, en dié wat Hom aanbid, moet Hom in ‘n hegte verhouding met die Gees en in waarheid aanbid.’ Die vrou sê vir Jesus; ‘Ek weet dat die Messias kom, Hy wat die Christus genoem word. Wanneer Hy ook al kom, sal Hy ons oor alles inlig.’ Toe sê Jesus vir haar; ‘Dit is Ek wat nou met jou praat.’ Op daardie oomblik het sy dissipels teruggekom. Hulle was verstom dat Jesus besig was om met ‘n vrou te praat. Nietemin het niemand haar gevra: ‘Wat wil jy nou eintlik hê?’ of vir Hom: ‘Waarom knop U ‘n gesprek met haar aan?’ nie. Die vrou het haar waterkruik net daar gelos, na die dorp toe gegaan en vir die mense gesê: ‘Kom kyk self – ‘n man het my alles vertel wat ek al gedoen het. Is hy nie die Messias nie?’”

Sy los die ding waarvoor sy gekom het. Sy los haar waterkan en hardloop dorp toe, onwetend wie Jesus was, maar Jesus het haar bewus gemaak van wie sy is en waarmee sy mee besig was.

Ek vind dit ironies dat sy oor aanbidding gevra het, en Jesus het onmiddellik haar hart en lewe aangespreek. HY wou hê sy moes van die waarheid bewus word, vergeet van hoe en waar hulle aanbid, maar om by die hart van aanbidding uit te kom. Aanbidding is God se tyd om ons te herinner wie Hy ons gemaak het, van Sy werke in ons, en die vermoë wat Hy aan ons gegee het om te oorkom en wonderlik te wees. Aanbidding is net so veel vir jou om te besef wat jou ware identiteit is as wat dit is om Hom te vergroot, want jy kan nie die een hê sonder die ander een nie. Hy is betroon met ons lofprysing alleenlik want Hy word geeer. Wanneer ons besef wie Hy is en wie dit ons maak.

In die Nuwe Testaement kom God en sê, Ek sal jou my Gees gee, dit is die Gees van waarheid, en wanneer jy aanbid, dan getuig die Gees aan jou hart die waarheid. Wanneer ons aanbid herinner dit ons dat Hy wonderlik is, en dit maak ons wonderlik. Ons word herinner dat Hy sterk is, en dit maak ons sterk, ons word herinner dat Hy bevoeg is, en dit maak ons bevoeg. As ons in elke situasie sal toelaat dat ons gedagtes na Sy waarheid draai, dan aanbid ons. Wanneer jy ‘n probleem in die gesig staar en Hom vir leiding vra, laat jy jouself toe om jou realiteit onder Syne te onderwerp; dit is aanbidding. Om die Gees toe te laat om die waarheid aan jou hart te spreek oor wie jy is, is aanbidding.

Johannes 4:24 “God is Gees, en dié wat Hom aanbid, moet Hom vanuit ‘n hegte verhouding met die Gees en in waarheid aanbid.” Nie volgens jou realiteit en weergawe van dinge nie. Wanneer ons weet wat Sy hart vir ons is kan ons met selfvertroue optree omdat ons Geseënd is en nie sal faal nie of skaam wees nie.

Filippense 3:3-11 “Ons wat God der sy Gees dien, het mos klaar die ware besnydenis. Ons beroep ons op dit wat Christus Jesus gedoen het en nie op menslike dinge nie. Nietemin sou ek ook op menslike dinge kon vertrou. As iemand meen om op menslike dinge te vertrou, ek nog meer! Ek is op die agtste dag besny. Ek is ‘n gebore Israeliet, uit die stam van Benjamin. ‘n Egte Hebreër! As lid van die Fariseërs het ek streng volgens Joodse wette gelewe. Ek was fanaties en het die kerk vervolg! Wat die gehoorsaamheid aan wette betref om my saak met God reg te maak, kon niemand ‘n vinger op my lê nie! Alhoewel ek hierdie menslike dinge eers as ‘n wins beskou het, beskou ek hulle, in die lig van wat Christus vir my gedoen het, nou as ‘n verlies. Ja, om Christus Jesus, my Here, persoonlik te ken is só wonderlik dat ek alle ander dinge as ‘n verlies beskou. Ter wille van Hom het ek alles as verlies afgeskryf. Ek beskou dit as gemors sodat ek Christus as wins kan verkry en een met Hom kan wees. Ek probeer nie langer my saak met God regstel deur die wet te gehoorsaam nie, maar deur in Christus te glo. Deur die geloof stel God ons saak met Hom reg. Op hierdie manier kan ek Christus persoonlik ken en die krag beleef wat Hom laat opstaan het. Deur saam met Hom te ly kry ek deel aan sy dood in die hoop dat ek die opstanding uit die dood kan beleef!”